|
Nunc scio quit sit amor
Nou weet ek wat die liefde is
Jan en Rosa
|
|
Hallo Almal
Ons trou! Na vyf jaar saam - en lang tye ver! - het ons besluit om die groot stap te neem.
Ons is so opgewonde. Ons troudag is Saterdag 22 September - saam met die langnaweek. Dis die Maandag die vakansiedag. Ons hoop dit gee julle almal 'n ekstra-lekker verskoning om 'n minivakansietjie daarvan te maak, en dit is ook net lank genoeg dat julle Gautengers kan invlieg. Dit sal vir ons ‘n groot voorreg wees om dit met elkeen van julle te deel.
Vir die van julle wat nie ons troue kan bywoon nie - ons gaan julle beslis mis! Lees en beleef dit saam met ons op ons webblad. Die adres is janenrosa.onstroudag.co.za - maklik om te onthou.
Laat hoor asseblief almal van julle! Ons wil graag ‘n album maak, en nie net van ons troudag nie maar een met al ons vriende en al die dinge wat ons al saam gedoen het. E-pos vir ons julle foto's (voor en op ons troudag) en wense en dan plak ons dit in die album in (
Die eposadres is beskerm teen spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee
of
Die eposadres is beskerm teen spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee
)
Ons het als ingesit wat ons dink julle wil weet - kyk op die menu langsaan.
Seblief ons troufoto-album en die gasteboek - vul ons memories!
Dankie dat vir jul vriendskap en liefde oor al die jare en deur al die dinge heen. Julle is kosbaar vir ons!
Jan en Rosa
|
|
|