Rosa se troudagboek!
19 Mei
Ons eie OnsTroudag.co.za opgestel! Ons URL is nou janenrosa.onstroudag.co.za! Dit voel so … amper soos om jou nuwe handtekening te oefen!
Nogal gepanic oor die kleure – maar toe sien ek mens kan dit sommer maklik verander. Kan nog nie besluit tussen die wit en die mod nie – cerise pienke is so mooi maar daardie vetplantjie en aronskelk ruiker en kersies gaan baie mooi werk. Wit tea lights met lint om op die tafel en vetplantjies by elkeen se plek – wat hulle kan huis toe neem as ‘n dankie-se. En dan het ek aaronskelke vir ‘n ruiker – maar wat van Jan se knoopsgatruiker? Aronskelk bietjie te groot? Lek die soort blomme nie? Sal moet vra…
Jan is lus vir ‘n verlowingspartyjie Saterdag-aand – om ‘formeel’ aan te kondig ons is nou amptelik verloof. Sommer ‘n Steak en ‘We-Love-Woolies gaan net ‘n lekker kaasbord vooraf bysit en sorg vir Sjokolademousse vir elkeen.
23 Mei
Ek lag nogal vir die mense se reaksie oor die ring. Mense let dit eers nie op nie – dink dis maar net nog ‘n ring. Maddie sê sy het in my oë gesien ek is seker verloof maar toe sy na my vinger loer is daar niks – sy het gedink die pêrel is maar net nog ‘n ring – en nie die Werklike Ding nie! Die storie oor die pêrel is nogal ietsie anders ook. Ek is dol op my ring. Bang hy skraap – maar dan sal ons maar ‘n ander een moet gaan ‘uithaal’ Jan is lus vir ‘n verlowingspartytjie – sommer by sy plek, ag eintlik net rede om almal bymekaar te kry en saam te kuier
30 Mei
Moet hierdie week begin met die reelings. Die Huweliksbeplanner gedruk en sien ek meot die venue en Huweliksbevestiger en kerk eerste reël. Ons het juis begin check oor wie is watter naweke beskikbaar. Klink my tog on kan dit maak vir die langnaweek in Sept. Sal so lekker wees want dan kan die Gautengers ook invlieg. Het gedink aan die kerkie op Heroldsbaai
1 Junie.
Jip, die kerkie is beskikbaar. Ook die orrelis – maar sy speel net die twee troumarse, sê sy want die orreltjie is baie oud, en kan nie te veel dinge doen nie, tensy ek ‘n klavier vir die dag reël, maar nie ‘n vleuel nie want daar is nie plek nie en ook nie ‘n keyboard nie want sy kan dit nie speel nie. Die tannietjie klink dierbaar en horingoud! Sy sê sy speel vir troues so een of twee keer per jaar want dit is al wanneer mense daar trou – maar sy oefen elke Vrydag die troumarse ‘ net om skerp te bly’!
Soek nog ‘n plek vir die onthaal – daar is so baie opsies. En wie trou ons? Ek sal maar hoor of Thinus ‘af’ kan kry en vir ons kan kom ‘werk’. Kan jy Thinus? Laat weet as jy hier lees!!
Troukaartjies ook kry. Daar is toe nou nog ‘n templet wat by die see ook pas. En nou verander ek elke drie minute van die Knysna-loerie na WitGoud na Wit&Robyn … en dan nog elkeen se kleurskakerings. Keuses, keuses!
14 Julie
Ons gevolg is het almal ingestem – so bly! Madelief en Els en Inus en Ernst. Die oujongkerel vlieg in van Perth – hoop hy sien wat hy alles hier mis!
3 Julie.
Sjoe, besig gewees! Als nou gereël, van die rou-sy vir die rok tot die troukaartjies uitgestuur. Van nou af bly ons by die Knysna-loerie templet! Dis eintlik lekker as die dingetjies begin vorm aanneem want dan kan mens aan die detail begin dink en inwerk. Daar is toe ook nog ‘n See, son & sand-templet ook, wat goed by die see sal inpas, sonder om ‘beachy’ te wees.
5 Julie.
Hmm, Jan is soo geheimsinnig. Hy voer iets in die mou of weet iets wat ek nie weet nie.
20 Julie
Skoene? Ek pes wittes! En waar kry mens in die hartjie van die winter wit sandale? Of ten minste roomkleuriges? Stehan van Créme sê hy hou daarvan om die skoene te sien voor hy die rok ontwerp want dis makliker om die rok by die skoene aan te pas as die skoene by die rok – wat sin maak, as mens nou net die skoene kan kry.
Elsa het beloof om môre saam te gaan om skoene te help uitsoek. Sy sê sy sien kans om môre Tygervallei, Willowbridge en CanalWalk deur te stap, volgende Saterdag is dit Cavendish en die Saterdag daarna pak ons Somerset Mall en die Paarl – seker om uiteindelik die perfekte paar raak te loop in ‘n ou fabriekswinkeltjie!
14 Augustus
Ek het toe ‘n die naweek tog by ‘n paar bloemiste ingehardloop – net vir idees voor ek en tannie Han die blomme finaliseer. Sy sê hulle seël die aronskelke se stele en dan werk dit regtig goed vir ‘n ruiker. Ek het by die een die idee gekry dat die blomme in ‘n koelronde bol met ‘n rousystrik van die rok se lap omsit. Dit klink nogal mooi, net so. Ek sal hoor wat by tannie Han sê – en of Stehan ‘n stukkie lap vir my kan afstaan …
20 Augustus
Oom Arend kom ook sowaar! Baie welkom, ons is bly om Oom-hulle gaan die dag met ons deel.
|