| Die verlowing |
|
Dis ‘n lekker storie! Ons is Paasnaweek Vleesbaai toe. Een ons hoogtepunte van ‘n naweek by Vleesbaai is oesters en suurlemoenskyfies op ys – die vyf wat mens mag uithaal.
Dis net wat Jan gedoen het – en toe ons die oesters oopmaak is daar in een sowaar ‘n pêrel! Mens sien mos dikwels die eerste riffies van ‘n pêrel aan die gebeur in die oesters maar ek het gedag net die Japannese oesters maak pêrels.
Dit was so mooi – perfek gevorm en satynglad, met ‘n pragtige pêrelglans. Ek het my verkyk en gevra of ek dit maar kry en hou?
![]() Waarop hy toe antwoord ja, mits dit geset word in ‘n ring, wat ek vir altyd sal dra Waarop ek toe sê vra jy my nou eintlik? Waarop hy toe sê ja! Waarop ek toe sê JA! Daar is ‘n stertjie aan die storie: My liewe verloofde het met voorbedagte rade ‘n pêrel gaan koop – ‘n mooie – en toe in die oesterskulp ingedruk voor hy my die oesters aangebied het! Maar ek het dit bly glo tot ons by die juwelier opdaag om die ring te set – en ek die storie vir die juwelier vertel
(En al die tyd glimlag Jan – ek dag dis ek wat hom so gelukkig maak!)
Anyway, ons het twee weke later verloof geraak – na Pa gevra is – op 21 April |
