Jan en Rosa
Foto's en prente in inhoud

Om prente en foto's te laai moet die 'Insert Image' simbool op die WYSIWYG simbole lys gekies word:

Dit sal die Prentjiebestuurder oopmaak, maar VOOR dit gedoen word is die volgende stap baie belangrik. Die plek waar die foto of prentjie geplaas moet word, moet gekies word. Die inklinasie gaan wees om die posisiemerker (cursor) aan die einde van die paragraaf te sit as julle die prentjie aan die regterkant wil insit.

Dit is egter nie die regte ding om te doen nie. Onafhanklik daarvan of die prent aan die regter, of die linkerkant van die teks ingesit moet word, moet die posisiemerker (cursor) ALTYD aan die begin van die paragraaf geposisioneer word as die insit posisie vir die prentjie.

As volg:

Die prentjie gaan dus in hierdie geval aan die REGTERKANT van die paragraaf ingesit word wat begin met: 'Haar ouers is Tersius...'

As die prentjie aan die linkerkant van hierdie paragraaf moet wees, moet die posisiemerker nog steeds op dieselfde plek wees.

Kliek nou op die 'Insert Image' simbool.

Die volgende Prentjiebestuurderskerm sal verskyn:

Daar is net 'n paar velde wat van belang is hier:

Die onderste gedeelte wys die prente wat beskikbaar is om te gebruik op julle webblad.

LET OP!! Julle kan NIE net prente 'Sny' en 'Plak' nie. Prente MOET ingesit word met hierdie Prentjiebestuurder.

VRAAG: My foto/prentjie is nie in die lys nie? Hoe nou gemaak?

ANTWOORD: Julle moet eers foto's gaan laai voordat hulle in hierdie lys sal wys. Dit word gedoen met die Laai allerlei foto's skakel in jul Gebruikermenu.

Die middelste gedeelte van die onderste blok wys al die prentjies. Hier is ook algemene prente wat julle kan gebruik in verskeie temas (polka, see, jakaranda ens).

Kliek op die prentjie wat julle wil insit.

Die prentjie sal nou in die regterkantste blok onder, verskyn.

Die enigste ander veld wat van belang is, is die 'Alignment' veld (omsirkel in rooi, bo links). Hierdie keuseveld laat toe dat die posisie van die prentjie nou verstel kan word, m.a.w. links, regs of middel.

As die posisie gekies is, kies die 'Insert' knoppie.

Die prentjie sal nou OF aan die linkerkant OF aan die regterkant van die teks verskyn. In hierdie geval is 'Right' gekies:

Onthou om die 'Stoor' knoppie te druk!