| Kies voorblad |
|
Kies die Kies Voorblad skakel op die Gebruikermenu. Onthou, julle moet ingeteken wees vir die Gebruikermenu om sigbaar te wees. Julle sal 'n skerm sien met verskillende opsies van voorblad ontwerpe. Slegs een voorblad ontwerp op 'n slag kan gekies word. Die eerste opsie is 'Geen'. Dit beteken dat julle foto's NIE in 'n voorblad ontwerp gewys gaan word nie. Slegs die voorblad teks sal op die voorblad verskyn. Maar julle het nog steeds die keuse om jul eie fotos of ander prente in hierdie teks in te laai (sien die tutoriaal oor hoe om foto's in jul inhoud te laai).
|