Jan en Rosa
Laai allerlei foto's

Voordat foto's in die inhoud ingesit kan word, moet hulle eers na die web opgelaai word. Dit is ongelukkig nie moontlik om prente te sny en te plak in die inhoud nie.

Daar is dus 'n menuskakel beskikbaar wat julle toelaat om foto's op te laai. Hierdie foto's word dan outomaties verklein sodat hulle op 'n web bladsy kan pas. Onthou dat digitale kameras deesdae vreeslike groot foto's neem. Hierdie foto's is nie geskik om net so op 'n web bladsy te verskyn nie, aangesien hulle so groot is dat hulle die webbladsy gaan breek, en dit gaan ook baie stadig wees om te vertoon.

Kliek dus op die skakel om foto's op te laai. Julle kan 10 foto's op 'n slag laai. Hierdie foto's word in die regte vouer (folder) op die web bediener (host) gelaai sodat dit reg is vir julle om in jul inhoud te plaas as julle die inhoud verander.

Volg dus die tutoriaal oor hoe om foto's in jul inhoud in te sit.