Jan en Rosa
Laai jul voorblad foto's

Julle voorblad fotos word gelaai deur die skakel te kies Laai voorblad foto's op die Gebruikermenu.

Onthou, julle moet ingeteken wees om hierdie fotos te kan laai. Hierdie fotos sal verskyn in die verskeie voorblad ontwerpe wat beskikbaar is en waarvan julle kan kies.

Die fotos moet verkieslik van julle as 'n paartjie wees (kyk na ons demo, om te sien hoe lyk die voorblad foto).

Die proporsies van die fotos stem ooreen met die formaat van foto's wat deur meeste digitale kameras geneem word. Die foto's sal egter verklein word om binne die bladsy te pas. Voordat julle die foto's probeer oplaai, maak asseblief seker dat die foto's se grootte op jul hardeskyf nie groter as 1.5MB elk is nie. Julle sal dus alreeds dalk jul digitale foto moet verklein in 'n mate voordat julle dit probeer oplaai, aangesien digitale kameras se foto's deesdae vreeslik groot is.

Gebruik die sagteware wat saam met julle digitale kamera kom om die foto's effens kleiner te maak voor julle dit probeer oplaai (as die foto's groter as 1.5MB is).

Die proporsies van die fotos word as volg behou as hulle verklein word deur ons oplaai proses:

Portret formaat: 275x367

Landskap formaat: 400x300

As julle dus vind dat julle onverwags maerder geword het (sowel as langer), maak asseblief seker dat julle fotos hierdie proporsies het voordat julle dit weer oplaai.

Die stappe om hierdie foto's te laai is baie eenvoudig:

1. Kies die skakel Laai voorblad foto's

2. Kies die foto's op jul hardeskyf

3. Kies die Laai Foto's knoppie

Die foto's sal opgelaai word en terselfdertyd verklein word na die regte grootte.