|
E-pos of sms jul wense en versoeke, en dan sal ons dit hier insit
Jan en Rosa
As die wêreld logies was sou mans ‘side-saddle’ perd gery het. Die liefde is ook nie logies nie – onthou dit as dinge wil hand uit ruk!
Pa Hannes en Ma Ingrid 22 April 2007
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Hai Djulle Twiekies!
Ons is saam met julle opgewonde ! Om te dink Cupid het toe nou ook by ons plekkie op Vleesbaai gekuier toe julle daar was! Julle is die DERDE coupletjie wat daar afhaak. Dalk moet ons die plek se naam verander na Cupid’s Quarters? Esta en Chris
Hi Esta en Chris – sal vir julle “Beware (Be Aware?) of Cupid’ bordjie maak vir Krismis Jan en Rosa
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Love: a temporary insanity, curable by marriage – weet nie wie dit gesê het nie maar dit lyk of julle nie kan wag vir die terapie nie! Ellie en Wessel 21 April
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Einstein het glo gesê “Gravitation is not responsible for people falling in love. It is a different force”. Mag julle altyd hierdie krag ervaar! Marí en Gerrit 23 April 2007
IETS OM TE DOEN, IEMAND OM LIEF TE HÊ EN IETS OM OOR TE DROOM … DIS ONS RESEP VIR DIE LIEFDE! DP EN JULES
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Geluk Boetman! Ek is trots daarop dat jy in my voetspore volg! Paul, Lizé en Emma
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
“Love at first sight is easy to understand; it's when two people have been looking at each other for a lifetime that it becomes a miracle” Mag die ‘miracle’ julle s’n wees!
Ester en André 8 /5/2008
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
I love thee, I love but thee
With a love that shall not die
Till the sun grows cold,
And the stars grow old... Ouma Rosie
(Oupa het dit vir my op ons troudag in sy toesprakie aangehaal!)
Elke keer as ons liefde skenk is dit soos Kersdag. Mag elke dag kersdag of verjaardag wees! Madelief 12 AUGUSTUS
(Het spesiaal met die laptop na Ouma gegaan en vir haar gewys hoe julle webblad lyk – sy dink dis stunning. Sy het haar eie stukkie ingetik, en toe moes ons weer die webblad deurkyk. As sy ‘n rekenaar gehad het sou sy dit nooit afgeskakel het nie – net op julle troudag webblad oopgehou het!)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Baie geluk julle twee Duifies! Van die eerste keer dat ek julle saam gesien het, het ek geweet julle sal goeie maatjies vir mekaar wees! Tannie Ollie
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
|