| Ons gevolg |
Die strooimeisies
My niggie Elsa van Graan en my kleinsus Madelief. Elsa en ek was nog altyd ‘beste’ niggies en het al kleintyd beloof dat ons mekaar se bruidsmeisies gaan wees. Ek is ook bevoorreg om Madelief aan my sy te hê.
Dankie julle! Die Strooijonkers
Inus gaan my strooijonker wees en die ring aangee, terwyl my koshuismaat, Ernst, gaan seker maak hy jaag nie strooi aan nie.
Ons is baie bly dat Ernst dit kan maak. Hy werk al drie jaar in Perth, vir die van julle wat dit nie weet nie
|
Inus, kom ons hoop hy het darem al 'n pak teen daardie tyd.