| Ons onthaal |
|
In stede van ‘n formele dans/dinee het ons besluit om by die see verder semi-informeel te kuier.
Ons is gek na die uitsig van Dutton’s Cove af, en het die boonste vloer vir die onthaal bespreek. Daar is genoeg tafels binne en buite, sodat die weer nie veel saak maak nie. Kom vroeg sodat julle die uitsig kan sien – of bly tot sonop!
Die aand begin met ‘n ‘sonondertjie’ vir elkeen wat van 7.30 bedien sal word. Julle is welkom om vroeër te kom.
Daar is ‘n klein dansbaan en DJ, en ‘n kontantkroeg.
|