| Ons seremonie |
Ons droomtroue is op Heroldsbaai in die ou Roomse kerkie, Stella Maris, by die Poel met sy mooi brandglasvenstertjies en ouderwetse ikone. Die kerkie is halfeeu oud, en het sitplek vir so sestig mense. Dit word nog Sondae gebruik, hoewel net in die somermaande wanneer daar vakansiegangers is. Dis romanties & baie spesiaal - en ons wonder of daar iewers in die wereld 'n kerkie nader aan die see kan wees? Dit le niks meer as 20 m van die water af nie – en met hoogwater seker nie eers 5 meter nie! Maar hy is ‘n rots gebou … wat seker alles sê!
![]() Dominee Thinus Fereira van Heideberg NG-gemeente gaan ons in die huwelik bevestig. Die diens begin om 9.30 in die Rooms Katolieke Kerk, Stella Maris te Heroldsbaai. Die deure open om 8.30. Daar sal kersies by die kerkbanke wees wat ons almal saam voor die huweliksgelofte gaan aansteek.
En in plaas van konfetti word broodblokkies gestrooi. Konfetti word nie daar toegelaat nie – die brood is ons onthaal vir die seemeeue! Na die seremonie is daar tee vir julle by Ta Mug se huis, drie huise van die kerk af. Ons gebruik die res van die dag vir foto’s en klaarmaak vir die aand. Julle kan gerus lekker swem, gholf speel of die dag geniet net soos julle wil. Ons ontmoet dan almal weer die aand om 7.30 by Dutton’s Cove op Heroldsbaaihoogte. (Ons kan nie later in die dag trou nie omdat niemand van ons dan meer parkeerplek naby die kerkie sal kry nie. Daar is min parkeerplek vir ons almal en die strandgangers, en ons mag nie heeldag plekke uithou nie.) |