Jan en Rosa
Ons storie
Rosa   
Huis Marais se mans! My pad klas toe was verby Huis Marais, en Vrydagmiddae sit die klomp mos daar en almal verpes. Ek het hulle sommer pertinent afgejak en met opset die straat oorgesteek sodat hulle weet ek val nie vir hulle grappies nie.

Jan   
Ek het nie vir die grappie geval nie – ek het vir die girl geval! Sy het altyd so ietsie anders aangehad as die ander meisies. Ek het net Vrydagmiddae afgehad en iewers in my vyfde jaar haar raak gesien – en dat sy altyd straat af kom en dan kort voor ons die straat oorsteek. Al raad was toe maar om aan die ander kant te gaan wag.

Rosa   
Elke Vrydagmiddag het ‘n nogal oulike outjie op dieselfde plek gesit. Ons het na ‘n paar weke begin knik, en toe hy my later die middag in die Neelsie raakloop het ons begin gesels.

Jan   
Sy het my mos toe nou eerste uitgevra. Kamma gesê sy gaan die aand Bohemia toe. Maar dit was so ‘n groot skimp dat ek as gentleman maar moes aanbied om haar te vergesel.

Rosa   
Was dit lekker of was dit sleg?

Jan   
Hmm, om die waarheid te sê was dit ‘n aangename ou takie…

Rosa 
Ons het in Jan se laaste jaar op Stellenbosch. Ses maande later het hy werk gehad - wat hom al om die ses maande verplaas.

Jan    
Ja, dit was amper ons einde. Meantime het ek op allerhande klein ou dorpies gesit en my doodverlang. Dit was voor Kalula – anders was ek ook seker ‘n Kalula Jetsetter.

Rosa   
Maar hier is ons – ons liefde het die toets van tyd én afstand deurstaan!