| Weer en verkeer |
Die pad na Heroldsbaai
Neem die Heroldsbaai-afrit van die N2 af, 30 km van Mosselbaai en 17 km van George.
Vir Dutton’s Cove:
Draai links in die OuBaai Gholfbaan/Dutton’s Cove pad. Dutton’s Cove is na OuBaai, en is op linkerhand.
Mens kan ook van Heroldsbaai na Dutton’s Cove ry:
Die afdraaipad is by die kafee. Die pad is in ‘n goeie toestand maar die draaie is gevaarlik skerp.
Vir Stella Maris:
Moenie afdraai nie. Ry tot in Heroldsbaai. Draai regs by die toegeeteken in Sandstrandweg tot by Stella Maris op regterhand.
Verkeerreëlings
Daar is net drie parkeerplekke reg voor die kerk wat vir die bruidsmotors uitgehou word.
Maar daar is parkeerplek verby die kerk. Omdat parkeerplek beperk is, stel ons voor dat julle by Dutton’s Cove parkeer en dan in groepe saamry af kerk toe (so 2 km) Nog ‘n wenk: moenie op Die Poel se rand parkeer nie. Met hoogwater slaan die branders oor die rand en kan die motors beskadig.
WeerOp George kry mens vier seisoene in een dag! Die dagklimaat is matig, 20-25oC. Snags is dit ook matig, rondom 15 oC. Die wind waai selde maar reën is ‘n besliste moontlikheid. Ons sal die weervoorspelling opdateer in die week voor ons troue |