Jan en Rosa
Tutoriaal

Welkom by die tuoriaal oor hoe om jul troudag webblad te gebruik!

Hier volg 'n oorsig oor hoe alles inmekaar steek.

1. Julle sal sien dat daar op die voorblad van jul webblad 'n blokkie is met die titel 'Intekenvorm'. Hier moet julle inteken met die GEBRUIKERNAAM en WAGWOORD wat aan julle verskaf is met die e-pos wat julle gekry het bevestiging dat jul webblad nou beskikbaar is.

Die wagwoord is waarskynlik die wagwoord wat jul gekies het toe julle opgeteken het, maar die gebruikernaam sal aan julle verskaf word.

Julle het nodig om in teken op jul webblad om die inhoud daarvan te verander, om foto's te laai asook om die templette te verander.

Verder moet julle ook verstaan dat die ontwerp van die webblad deur twee elemente beheer word:

1. Die templette

2. Die voorblad ontwerpe.

Die templet beheer die algehele ontwerp van die webblad, soos byvoorbeeld die kleure, die prente heel aan die bokant, en waar die menu verskyn asook die fonts (lettertipes).

Die voorblad ontwerpe is losstaande van die templet, met ander woorde, enige voorblad ontwerp kan met enige templet gekombineer word. Nie almal van die voorblad ontwerpe werk ewe goed met die templet nie, so dit is is moeite werd om bietjie rond te speel.

Die templette word verander met die Templetwisselaar:

ONTHOU! Die templetwisselaar word slegs sigbaar as julle ingeteken is op die webblad

Die voorblad word verander deur die tweede menu skakel van die Gebruiker menu (Kies Voorblad):

VOORDAT julle die voorblad verander, is dit wenslik om eers die foto's te laai wat julle wil hê moet op die voorblad verskyn. Die fotos moet twee fotos van julself as paartjie wees, een landskap georïenteer, en die ander portret georïenteer.

Die foto's sal outomaties in die regte plek in die voorblad ontwerp ingesit word.

Nadat julle dus jul fotos gelaai het, kan julle 'n voorblad ontwerp kies om saam met julle gekose templet te gaan. Julle kan ook kies om NIE 'n voorblad ontwerp te hê nie en slegs teks op die voorblad te wys. (Julle kan natuurlik ook foto's in die teks in laai as julle wil. Sien die tutoriaal oor hoe om foto's in julle inhoud te sit!)

Die res van hierdie tutoriaal het die volgende afdelings:

Laai jul voorblad foto's
Kies voorblad
Laai allerlei foto's
Verander inhoud
Foto's en prente in inhoud
Jul albums en hoe hulle werk