Jan en Rosa
Verander inhoud

Al die bladyse op jul webblad kan verander word. Julle kan net nie menu items uithaal of verwyder nie.

Julle kan ook binne perke, verskillende fonts (lettertipes) en kleure teks in jul inhoud insit. Oor die algemeen word die bladsye se letteripes beheer deur die templet, maar dit kan oorheers word.

Onthou net die volgende: As julle 'n font gebruik wat nie een van die standaard fonts is nie, dan gaan gebruikers wat NIE daardie spesifieke font op hulle masjien het nie, NIE die teks lees in daardie font nie, maar in 'n plaasvervangende font.

Standaard fonts is die volgende:

Helvetica, Verdana, Tahoma, Arial.

Times New Roman, Georgia.

Die stappe dus om inhoud te verander is die volgende:

Kliek op die Verander Inhoud skakel van die Gebruikermenu. Onthou dat julle ingeteken moet wees om die Gebruikermenu te kan sien en om inhoud te kan verander.

Die volgende skerm sal verskyn:

Dit is 'n lys van al die bladsye op jul webblad. Let asseblief op, die volgorde waarin hierdie lys van items verskyn is NIE noodwendig dieselfde as die volgorde van die menu skakels nie. Die menus se volgorde en die volgorde van die items is onafhanklik van mekaar. 

Kliek op die simbool met die pennetjie (in rooi omsirkel in die prent, bo) van die item wat julle wil verander.

Die volgende skerm sal verskyn:

Die middelste wit blok sal OF leeg wees (as julle begin) OF vorige inhoud in hê. Julle sal sien dat daar WYSIWYG simbole beskikbaar is om julle te help om teks en fotos te formatteer.

Die simbole lys is as volg:

Die belangrikste simbole hier is die 'Sny' en 'Plak' simbole. Die volgende simbool: help om teks oor te plak van MSWord af. Die rede hoekom hierdie simbool gebruik moet word is omdat MSWord interne formattering het wat nie gesond is vir web bladsye nie! Julle kan dus kopieër uit MSWord uit, maar as julle plak, maak liewers gebruik van hierdie simbool.

Die ander belangrike simbool is die 'Skakel' simbool . Die simbool sal aktief word as teks beklemtoon word (highlight). Hierdie simbool kan dan gekliek word om 'n skakel in te sit na 'n ander webblad. Tik die VOLLE URL in van die ander webblad (met http:// voor aan) en kliek Insert.

Die ander belangrike simbool is om foto's en prente te laai. Lees die volgende tutoriaal oor hoe om dit te gebruik.

Laatens moet die item gestoor word! Kliek op die 'Stoor' simbool.