Wie is Rosa?
(dink Jan!)
Rosa is gebore op Villiersdorp. Sy sê ek moet darem nie nou uitbasuin hoe lank terug nie, maar dis so ‘n jaar of drie na my. Ek mag darem bekend maak dat sy gebore is op 3 September – iewers in die vorige eeu...
Haar ouers is Tersius en Elzahn Marais, en sy het een jonger suster, Madelief (dit blom hier!)
Sy sê Gert Maritz het haar geïnspireer om ‘n kunstenaar te word, hulle was bure en sy was net dol op sy bont huisies en aaronskelke. Op die ou end het sy ook gaan kuns swot. Sy het toe by Die Burger as grafiese kunstenaar begin werk en vir ses jaar gesorg dat die koerant mooi lyk. Sy het vanjaar haar eie besigheid begin, WineDesign, wat daarin spesialiseer om etikette vir wynbottels te ontwerp. Nou het ek twee redes om die uitvoerproduk van die Boland te bewonder. Sy gaan van die huis af werk – ek is besig om groot vensters vir die ‘studio’ in te sit.
|