|
Wie is Jan?(so sê Rosa!)
En wie is Jan? My liewe verloofde is gebore in 1976 (15 Feb) in Grahamstad distrik op die plaas Glenandale. Hy was dol op water en modder - een van daardie plaasseuntjies wat jy eerder buite as by die Grahamstadse Kunstefees gekry het. Hy is die middelste van perdeteler Hannes en Ingrid van Niekerk se drie seuns, Paul, Jan en laaste Inus.
Daar skoolgegaan, rugby gespeel (skool se eerstespan!) en op Stellenbosch kom swot, ingenieurswese, toe gaan werk by Murray & Roberts, wat hom al land-oor gestuur het. Van Aliwal met die alfabet af tot in Vryheid - ver! Hy het darem ook in die Boland ‘n draai gemaak. As julle die nuwe afrit van die R304 na Stellenbosch al gesien het - dis Jan se jongste handewerk!
Jan sê hy dink hy was so mal oor modder omdat hy daarmee goed kon bou - soos paaie en brûe. Hy speel nog lekker voort! |
Kyk net die dierbare pic! Lekker vet wangetjies!